Me for a week ...
- heyliefie
- Sep 2, 2019
- 2 min read

Ek hoor baie keer dat kliente vir my/ander verskaffers sê: "Dis seker lekker om net naweke te werk". En ja, dit is seker, maar alle trouverskaffers sal met my saam stem dat dit seker die vêrste van die waarheid is in ons bedryf.
Vir die laaste week wik en weeg ek of ek hierdie video wil deel met julle.
Ek is versot op my werk as 'n venue koördineerder en mede eienaar. Ek weet dat die video dalk mag klink asof ek nie van my werk hou nie. Die realiteit is net, dat ek soveel moet prysgee om te kan doen waarvan ek hou, soos enige droom seker maar. Daar is nie vir my iets soos 'n naweek of afdag nie. Ek mis uit op baie van my familie se geleenthede en het baie vriende verloor omdat ek werk as hulle wil kuier en vice versa.
Ek probeer ook om gebalanseerd te leef en nie heeldag agter my rekenaar te sit en bruide se mails antwoord nie (want as ek kon, het ek graag heeldag met kliente gesels). In die volgende paar weke gaan ek probeer om weer tyd te maak vir my liefde vir fotografie en weer op te vang by veral familie.
So hierdie is my 7 dae in 9 minute. Dis moeilik om alles te wys, ek het baie goed geskip soos die mock-ups, die Sondag brunch partytjie, editing van videos, aankope, afspraak met Health&Safety, BAIE MEER VAN DIE TROUDAG SELF en basically klomp klein goedjies! Elke week is ook nie dieselfde nie.
My gunsteling oomblik elke week, is om die bruid by die kerk in te neem. Die emosie, die pragtige prinses bruid en die hoendervleis is vir my die mooiste mooi.
So hier is dit: a week in the life of me! 'n Venue koördineerder, mede eienaar van De la Mas Venue en eienaar van Made by Lief, Zoomza Photography en Hey Liefie.
Ek leer ook soos ek die videos maak. Ek probeer elke keer vir julle beter en beter videos maak!
Comments