top of page

Madelé Ludike

Hey Liefste...

​

My naam is Madelé (uitspraak: Madelie, soos Madeliefie).

Ek het in 2001, toe ek maar net 3 jaar oud was, Beeld se blommemeisie van die jaar kompetisie gewen(i know, i know - too cute to resist since birth). Ek was my Tannie se blommemeisie gewees. Deel van my prys, was 'n trourok. 'n Regte trourok, maar vir 'n klein dogtertjie. Van 3 jaar af speel ek trou-trou, en is ek altyd besig met 'n troue. Of dit vir my ouer sussies was, of troufotografie vir kliënte - daar was altyd 'n troue.

​

In 2014 het my dierbare stiefpa 'n stukkie grond gekoop met die doel om 'n trouvenue te bou. Hy is in Des 2014 met pankreaskanker gediagnoseer en daarom moes ons konstruksie stop. Toe hy oorlede is in Junie 2016, het hy my ma gevra om die droom te voltooi.  Ons het in Augustus 2016 aan De La Mas begin bou. Ons is nou 'n ma en dogter span! Ek het in dieselfde jaar my PR & Event Management kursus gedoen. In September 2017 het ons weg gespring met 'n bang! Elke naweek 'n troue. En met die besef ek toe dat "events" soos ek geswot het en troues nie dieselfde ding is nie. Nie eers naby nie! So gaan ek toe terug na die boeke toe en voltooi my Wedding Planning kursus by SA School of Weddings in Pretoria. 

​

In 2018 het ek 39 troues, net by De La Mas gekoördineer. Ek was betrokke by ander venues, maar nie naastenby in so groot verantwoordelikheid sin soos as dit by De La Mas plaasvind nie. Ek het baie geleer!

​

"Hey Liefie ... ", is dit nie die woorde wat die meeste gebruik word tydens die troubeplanning nie? "Hey Liefie, wat dink jy van ...?" of "Hey Liefie, is dit nodig om ...?" of "Hey Liefie, wat gaan ons doen om ...?" Op die vlog is ek die LIEFIE. Vra vir my jou vrae! En ek antwoord eerlik, of kry dalk 'n verskaffer betrokke wat my help. 

 

Die missie van die vlog, wat ek in 2019 begin, is om met elke bruid, bruidsmeisie, ma, skoonma, stiefma, ouma my stories, ondervindinge en advies te deel. My vlog is gemik op dames, maar ek glo die mans sal ook kan aanklank vind. Ek gaan my bes probeer om met julle so "real" as moontlik te wees. Ek gaan eerlik wees! Ek gaan hartseer wees saam julle, maar meestal bly!

​

Ek beoog om verskaffers betrokke te kry, sodat jul al die tricks of the trade hier kan leer. En hopelik 'n borg of twee, sodat ons giveaways kan doen en om jul troudag ekstra spesiaal te maak.

​

​

Moenie skaam wees nie, liefste, jy sal anoniem bly. Vra jou vrae of sê jou sê.

​

Liefde

Julle trou liefie, Madelé

​

​

1935615_116657404678_7544827_n.jpg

Ek en my Tannie Lizette in 2001

"Little girls with dreams, becomes woman with vision"

MM36.jpg
70953744_2409929109221937_69756409229984

"You ain't gotta like me. 

I Like Me"

-Kanye West

heyliefie@gmail.com  Pretoria East

All views expressed on this site/facebook/youtube and instagram are my own opinion and do not represent the opinions of any entity whatsoever with which I have been, am now, or will be affiliated.

©2019 by Hey Liefie.

bottom of page